HERBERTSDALE NUUS - Dit was ‘n baie moeilike jaar en meeste mense word soms verblind deur hierdie moeilikhede om nie die positiewe raak te sien wat ons uit die jaar gewen het. Die pandemie het sommiges geforseer om meer kreatief en innoverend te wees met die tyd op hul hande.
Tydens die begin van die nasionale inperking het terreinwerkers by Laerskool Herbertsdale baie meer tyd in die skooltuin belê en dit in die groen paradys omskep wat dit vandag is.
Die groot verskeidenheid groente wat hier geoes word, word by die koshuis en vir die skool se voedingskema gebruik.
Hierdie inisiatief is so suksesvol dat dit aan die gemeenskap groente kan verkoop om sodoende skoolfondse te verlig. Ondere andere aartappels teen R90 per 10 kg, beet R15 per bossie en groenbone teen R20 per kg.
Indien enigiemand belangstel om die skool te ondersteun of graag ’n bydrae wil maak, kan hul mnr Marius Arendse kontak (083 311 4717).
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'