MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser het inligting ontvang van ‘n skietvoorval op Mosselbaai wat na bewering gisteraand plaasgevind het.
Die voorval word deur die KwaNonqaba-polisie ondersoek.
Die Advertiser het navrae aan die Suid-Kaap polisiekommunikasiebeampte, sers Chris Spies gerig en wag op sy terugvoer sodat die inligting met die korrekte feite bevestig kan word.
Meer inligting is nie nou beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'