MOSSELBAAI NUUS - Nog altyd belanggestel in fotografie en gretig om meer te leer binne die veilige ruimte van jou eie huis? Hier is die antwoord.
Attie Gerber, voormalige professor in videografie en dokumentêre fotografie aan die departement kommunikasiestudies by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, wat in Mosselbaai hervestig het, bied 'n reeks videos op YouTube waar meer oor fotografie geleer kan word.
In 'n reeks kort videos getiteld, Photography Short & Sweet, gee Gerber wenke oor die kenmerke van 'n goeie foto.
Hy behandel ook verskillende elemente wat beligting betref, een van die dinge wat 'n goeie foto van 'n totale flop onderskei.
Die videos in die huidige reeks is onder 'n minuut lank en kan hier besigtig word.
'n Paar van die temas wat behandel word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'