MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai NSRI het om 07:38 vanoggend 'n noodroep van die publiek ontvang dat 'n boot by Hartenbos omgeslaan het.
Ander skibote het intussen gaan help en die NSRI het met hul aankoms die tou oorgeneem en die skiboot "Asblik" is veilig na die kommersiële slip geneem.
Al 4 bemanningslede is ongedeërd.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'