MOSSELBAAI NUUS - Oud-Mosselbaaier Curt Baker wat tans in Kaapstad woonagtig is, samel vanjaar weer skoolskoene vir minderbevoorregte kinders in Mosselbaai in.
Baker se projek is jaarliks 'n sukses en skoolskoene word aan verskeie skole in Mosselbaai geskenk.
"Baie kinders moet met stukkende skoene skool toe gaan en dit is nie goed vir hulle selfbeeld nie. Die projek is gemik daarop om die probleem aan te spreek."
Die projek se naam is Share A Sole. Enigeen wat skoolskoene wil skenk, kan dit voor 1 Februarie by Dial in Brandstraat 34, Uitbreiding 6 aflewer.
Vir meer inligting kontak Pam by 073 412 9604.
Curt Baker samel skoolskoene vir leerders in Mosselbaai in.
Curt Baker tydens 'n vorige geleentheid saam met 'n jong leerdertjie by een van die Mosselbaai-skole waar daar skoene uitgedeel is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'