MOSSELBAAI NUUS - Die 211m lange Silver Sprit passasiersboot gaan môreoggend, Woensdag, 3 Januarie, ongeveer 06:15 in die baai kom anker gooi.
Dit is ‘n gereelde gesig hier in Mosselbaai en besoekers en plaaslike inwoners gebruik die geleentheid om foto’s van die pragskepe te neem. Passasiers kom dan aanwal vir hul ekskursies op land.
Vir Mosselbaai ekonomie is elke besoek ‘n finansiële inspuiting vir die dorp.
Die Silver Spirit is in 2009 gebou met ‘n kapasiteit van 608 passasiers aanboord met 411 bemanning. Die boot is in 2018 volledig oorgedoen en weeg 39 519 ton.
Sy is een van ongeveer 12 bote uit die Silversea stal.
Die eerste passasierskip dié seisoen was die Duitse Vasco da Gama. Sy het op 6 November in Mosselbaai besoek afgelê gevolg deur die Azamara Persuit op 19 Desember.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’