MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek voorlopig ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur, nadat ‘n leeder van Hartenbos Laerskool vanmiddag omstreeks 14:00 raakgery is.
Die seun was te voet op pad in die rigting van Sonskynvallei op Louis Fourieweg toe ‘n Hyundai H100-trokkie, onderweg in die rigting van Oudtshoorn na Hartenbos, hom getref het.
Die seun is per ambulans na die Mosselbaai provinsiale hospitaal vervoer waar hy vir ernstige beserings behandel word.
Meer inligting oor sy toestand kon nog nie bevestig word nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'