MOSSELBAAI NUUSFLITS - 'n 6-Jarige seun, Siyamkela Khumalo het Saterdagoggend doodgebrand tydens 'n voorval op 'n kleinhoewe in Ruiterbos.
Die voorval het tussen 06:00-07:00 op 18 November plaasgevind.
Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie het 'n lid van die gemeenskap rook uit 'n vertrek in die huis sien borrel waarna die nooddienste gekontak is.
Lede van die Ruiterbos-plaaswag was saam met die nooddienste gou op die toneel om hulp te verleen.
Ten tye van die voorval was die seun se moeder, asook twee ander minderjarige kinders tuis.
Hulle het die voorval oorleef.
Die seun se vader was glo onderweg om te gaan deelneem aan die Hartenbos-parkrun ten tye van die voorval.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'