MOSSELBAAI NUUS - Caleb Botha (12), 'n inwoner van Groot-Brakrivier het onlangs vir personeel by die kindersaal van die Life Bay View privaat hospitaal 'n koek gevat om dankie te sê vir die wonderlike wyse waarop hulle hom die afgelope 12 jaar hanteer het.
Caleb moes al 'n verskeidenheid prosedures ondergaan.
Sy ma, Laurianne Botha sê sy is baie trots op haar seun. Hulle het onlangs 'n spesiale koek aan die personeel oorhandig.
Hierdie spesiale koek is aan die personeel van die kindersaal oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'