MOSSELBAAI NUUS - Sersant Deirdre Taylor van die Mosselbaai-polisiestasie het onlangs twee selfoondiewe vasgetrek en gesorg dat die gesteelde selfoon teruggevind is.
Die voorval het in Eilandstraat gebeur terwyl die slagoffer gestap het.
Twee verdagtes het hom genader en sy selfoon gegryp waarna hulle in die rigting van die Joe Slovo-woongebied gehardloop het. Sersant Taylor het die verdagte by 'n woning in Joe Slovo aangekeer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'