MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Photographic Society se September-byeenkoms is gehou om die onderskeie wenners van die voorgeskrewe tema Long exposure with low lighting asook die ope afdeling aan te kondig.
Die wenners is soos volg:
Voorgeskrewe tema
- Junior wenner: Gerda Fouché se Light waves.
- Senior wenner: Johan van Aarde se LED Ballerina, naaswenner Michael van Schalkwyk se Earths Cousin.
Ope afdeling
- Junior wenner: Martiens Mulder se Red Devil, naaswenners Mari du Toit se Fisheagle take off en Gerda Fouché se Moeg gebrei.
- Senior wenner: Anton la Grange se Reaching for Gold, naaswenners Danie Pretorius se Sunrise surfer, Anton la Grange se Kubu Island Stars en Johan van Aarde se Early Birds.
Fotogalery: September wenfotograwe
Lede van die klub vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 18:00.
Alle belangstellendes en fotografie entoesiaste is welkom om aan te sluit. Daar is elke maand 'n voorgestelde tema.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Anton la Grange (084 442 4442).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'