MOSSELBAAI NUUS - Midbrakkers kan vandag, Maandag 23 Mei vanaf 10:00 – 12:00 by die Reebok gemeenskapsaal hul sensus opnames gaan doen.
DA Raadslid, Annatjie van Rensburg het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat met die naderende spertyd van 31 Mei vir die opnames, is daar nog heelwat inwoners wat nog nie die sensus opname gedoen het nie.
Sensus personeel sal by die saal beskikbaar wees vir opnames.
Veldwerkers is steeds in die omgewing besig met opnames en daar is ook die opsie om aanlyn die vorm te voltooi by https://getcounted.statssa.gov.za/#!/home.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'