MOSSELBAAI NUUS - Met die dreigende waterkrisis wat die Wes-Kaap in die gesig staar blyk dit dat selfs diewe bedagsaam genoeg is om water te spaar.
Die Mosselbaai-polisie ondersoek 'n saak van diefstal nadat 'n koperpyp van 'n kraan by die NG Moedergemeente Mosselbaai vermoedelik op Sondag, 28 Januarie gesteel is.
"Wat die diefstal uniek maak, is die 'stoppers' wat die verdagte op die waterpyp gesit het om te verhoed dat die water sal lek.
"Die polisie waardeer die dief se konsiderasie in ag genome die huidige waterkrisis in die land. Nietemin is dit diefstal en sal ons die verdagte vastrek," sê die polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'