MOSSELBAAI NUUS - 'n Nege-en-dertigjarige man wat as 'n sekuriteitswag gewerk het, het Woensdagoggend, 8 Mei om 07:55 dood aangetref in die sekuriteitshokkie waar hy in Aalwyndal diens gedoen het.
Die man het volgens inligting gedurende die nag in 'n verfblik vuur gemaak vermoedelik om die koue te verlig.
Die vermoede bestaan dat hy in die sekuriteitshokkie versmoor het.
Volgens inligting het die man 'n kontruksieperseel in Klipheuwelstraat opgepas.
'n Dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek is geopen en die saak word deur kst Nelly Manyonta van die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'