MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Hoewel die brand wat Mosselbaai gister geteister het finaal geblus is, het ten minste vier ander, onafhanklike brande sedertdien in die omgewing ontstaan.
By Hartenbos het 'n sekuriteitsbeampte van die ATKV waarskynlik groter skade verhoed deur die brand wat vanoggend op die treinspoor ontstaan het, met sand te blus wat hy in sy pet tot by die vlamme gedra het. Daarbenewens is twee chemiese toilette by Souwesia gister deur vuur vernietig.
Vandag is 'n brand agter die Thusongsentrum in Aslapark aangemeld, asook twee brande in Hartenbos.
Daar was onder meer 'n brand oorkant die Riviera Hotel, wat gou geblus is.
Kyk 'n video hieronder:
Intussen is Mosselbaai se Brand en Rampbestuursdienste steeds op die brandterrein in die Hartenbos Heuwels-omgewing om te verseker dat daar geen opvlamming van gister se brande voorkom nie.
Luister na Colin Puren, Munisipale Woordvoerder
By Hartenbos het 'n sekuriteitsbeampte van die ATKV waarskynlik groter skade verhoed deur die brand wat vanoggend op die treinspoor ontstaan het, met sand te blus. Foto: Video-skermgreep
Lees 'n vorige artikel hier: Mossel Bay fire contained
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'