GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ’n Plaaslike sekuriteitsmaatskappy het vandeesweek tydens ’n patrollie op Groot-Brakrivier twee verdagtes teëgekom wat glo gereedskap vir inbrake in hul besit gehad het.
Die maatskappy het om 04:00 op Woensdag, 2 April, op die verdagtes afgekom en het hulle daarna aan die polisie op Groot Brak oorhandig, waar hulle steeds in aanhouding is.
Die Groot Brak-polisiewoordvoerder, sers. Lauriane Botha, sê die verdagtes, onderskeidelik 31 en 21 jaar oud, sou vandag, 3 April, in die hof verskyn. ’n Saak van besit van vermoedelik gesteelde eiendom word ondersoek.
Die maatskappy het die polisie vir hul samewerking en toegewyde diens bedank.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’