Die skilpaaie broei aan die Natalse Noordkus uit en beweeg dan af in die Agulhas-stroom. Die uitspoel van die skilpaaie is ‘n jaarlikse gebeurtenis, veral as daar vroeë kouefronte deurkom. Die watertemperatuur daal te vinnig en hulle raak hipotermies en met die ekstra las van bakterieë en skulpdiere, is hulle te swak om in die koue seestrome te oorleef.
Indien skilpaaie op strande teëgekom word, geld die volgende:
- Verwyder die skilpad van die strand af
- Moet dit nie in die see terugplaas nie
- Plaas die skilpad op ‘n klam handdoek of sagte lap in ‘n houer met voldoende lug by kamertemperatuur
- Kontak een van die onderstaande instansies/persone:
• DIE DIAS SKULPMUSEUM EN AKWARIUM - 044 6911032
(Weeksdae 08:00 – 15:45, Saterdae 13:00 – 15:45, Sondae en Publieke vakansiedae 09:00 – 15:45)
• TERSIA MARAIS (S.M.A.R.T) - 072 227 4715
• S.M.A.R.T (Stranded Marine Animal Rescue Team) - 076 780 8237