Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Vakansiegangers en inwoners in Mosselbaai is verheug na President Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand dat die strande, riviere en publieke ruimtes weer oop is.
Ten spyte van die hele land wat nog op vlak 3 van die inperkingsmaatreëls is, het die regering besluit om die verbod op te hef met voorwaarde dat al die Covid-19-protokol gevolg word.
President Cyril Rhamaposa het in sy toespraak gisteraand, 1 Februarie verwys daarna dat die syfers van infeksies wat aansienlik gedaal het, maar het die publiek gemaan om veilig te wees.
Inwoners en vakansieganers by Santosstrand was vandag, 2 Februarie maar alte gretig om weer lyf te kon natmaak.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'