MOSSELBAAI NUUS - Vandag moet alle voete na die Dias- en Portfees by onderskeidelik die Santosfeesterrein en Mosselbaai Hawe lei.
Groot name in die vermaaklikheidsbedryf, onder meer Mafikizolo, Kurt Darren, Jo Black, Emo Adams en die Take Note Band, ADAM en vele meer gaan uitstekende vermaak versker.
Tot nog toe kon feesgangers nie uitgepraat raak oor die volgepakte program van topklas vermaak nie.
Vandag, Saterdag 3 Februarie, gaan selfs nog meer pret opdis:
09:00 - 10:15 Street Parade / Straatparade vanuit Marsh- en Kerkstraat na die hawe – vanjaar iets heeltemal anders en baie opwindend.
10:30 – 10:45 Aankoms van Dias by die Hawe-feesterrein – moenie dit misloop nie.
09:30 – 24:00 Verhoogprogram op beide die Santos-feesterrein en op die hawe. Volop geleentheid vir uitstekende plaaslike kunstenaars wat die stemming regkry vir die groot name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf wat vanaand gaan optree.
Op die Santos-feesterrein kan feesgangers hul vroegdag reeds verlustig aan die danse van die Knersvlakte Rieldansers, die Angeline’s Dance Academy en die Dynamic Dance Academy, asook die Buikdansers en die Eendrag Volkspele-laer.
Dan kom plaaslike talent soos Antoinette Snyders, Nicky Stears aan die beurt. Moet ook nie die vertonings van Nadia Herbst (7de Laan), Anlie van Rensburg (Getroud met Rugby) en Demi Lee Möhr misloop nie. Daarbenewens volg heelwat topklas vertonings voordat die groot kanonne na die laservertoning om 20:30 sal stormloop.
Op die hawe se verhoog sal Dias seremonieel verwelkom word, en topklas plaaslike vermaak soos die Curro Marimba-orkes en Tannie Ethel en die Gumboot-dansers verseker die gehoor vasgenael hou. Hier sal ook topklas internasionale kultuurvertonings deur onder meer die Indonesiese en Portugese kultuurgroepe te siene wees.
Skud daarna die vere reg vir vertonings deur deur die loop van die dag en tot laat deur DJ Loops, Precious Nkrumah, Ambrosia Muller, Joe, Kay Gody, King Jade & Baby Joe, G-minor, Keenan Daniëls, DMA, DJ Mvee, Wellcast, Early B, DJ SK, Heavy K, Mossel Bay Harmony Voices, Precious Nkrumah, Coffee Snobs, Indwe High School Band, Garden Route Jazz Band, Ramon Alexander Quartet, DJ Natz, Lefa Mosea and Mafikizolo.
10:50 Vlagspronge op Santosstrand – valskermspringers vertoon die landsvlae van die deelnemerlande en land op Santosstrand.
10:55 Prysuitdeling: Vlottekompetisie: Mosselbaai Haweverhoog.
19:30 Klassieke Program - Diasmuseumkompleks.
09:00 – 18:00 Motorsport Gymkhana De Bakke Parkeerterrein.
By die onderskeie feesterreine sal feesprogramme beskikbaar wees. Onthou, toegang en die verhoogvertonings is gratis.
Click here for the full program.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'