MOSSELBAAI NUUS - ‘n Skool sardiens is vandag, 31 Maart in die omgewing van Outeniqua-strand uit die lug opgemerk.
Die skool sardiens is ietwat vroeg vanjaar aangesien die jaarlikse sardienloop eers teen Junie en Julie in Kwazulu-Natal opdaag.
Sardiens beweeg in koeler water vanaf die Ooskus om die Kaap en met die Indiese oseaan op tot by Kwazulu-Natal.
Die sardiens word deur verskeie roofvisse soos haaie en dolfyne agtervolg en daar was reeds die afgelope tyd verskeie haaie in die Danabaai-omgewing opgemerk. Die temperatuur van die water het ook aansienlik in die laaste tyd gedaal.
Enigiemand wat skole sardiens in die Mosselbaai-omgewing opmerk kan ‘n e-pos met foto’s en inligting na jannie@groupeditors.co.za stuur.
‘n Lugfoto van Outeniquastrand waar die sardiens opgemerk is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'