MOSSELBAAI NUUS - Die SAPD Da Gamaskop-gemeenskapdienssentrum (aanklagkantoor), selkompleks en administratiewe kantore sal vir ten minste 24 uur gesluit wees as gevolg van Covid-19.
Ontsmetting van die kantore sal spoedig volg.
Die kantore sal weer normaal funksioneer vanaf Woensdag 23 Desember om 06:00.
‘n Tydelike aanmeldingspunt is reeds geopen langs die polisiestasie by die kantore van die Kinderwelsyn, Mosselstraat.
Alle sake word verwys na die Sapd Mosselbaai (044 606 2800) of die Sapd KwaNonqaba (044 606 5600).
Klagtes kan ook direk ingebel word: 082 379 3452, 082 379 2449 of 079 893 9935.
Alle ander dienste in terme van administratiewe dienste, speurdiens of vuurwapenaansoeke (hernuwings of nuwe aansoeke) sal eers weer funksioneer as die kantore weer open vir normale dienste.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'