Breaking News
MOSSELBAAI NUUS- Hoërskool Sao Bras se matrieks het die vrugte gepluk van hulle harde werk.
Die skool het ‘n slaagsyfer van 86.3% en het verskeie puik presteerders opgelewer. Matrieks het vanoggend hulle uitslae by die skool afgehaal.
Baie geluk aan Aizlin Agulhas, toppresteerder van Hoërskool Sao Bras.
Aizlin het ‘n gemiddeld van 85% en stap weg met vyf onderskeidings.
In die tweede plek is Ghevanique Speelman met ‘n gemiddeld van 79.1%.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’