Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Sao Bras-matrieks het vanoggend met die eerste dag terug skool toe sedert die nasionale inperking begin het, beken dat hulle senuweeagtig is, maar baie bly dat die skool heropen het.
Groot verwarring het gisteraaand nog geheers nadat die heropening van skole landwyd uitgestel is na 8 Junie.
In die Wes-Kaap het skole egter ten spyte hiervan wel vandag leerders ontvang soos aanvanklik die plan was.
Diaz Primêre Skool se graad 6's is in kleiner klasse opgedeel om die voorgeskrewe sosiale afstand te handhaaf.
Leerders is vroegoggend volgens die voorgeskrewe prosedure deur onderwysers deeglik geskandeer.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'