MOSSELBAAI NUUS - Indringende samesprekings tussen die Mosselbaai-munisipaliteit enersyds en die Mosselbaai-gholfklub en huiseienaarsvereniging andersyds is onlangs voltrek danksy die deurslaggewende rol wat die uitvoerende onderburgemeester, raadsheer Dirk Kotzé gespeel het.
'n Samewerkingsooreenkoms, geldig vir 'n termyn van vyf jaar is voltrek waarin alle partye erkenning gee aan die beduidende waarde wat die gholfklub tot Mosselbaai bydra.
Lede van die huiseienaarsvereniging betaal 'n heffing wat vir die opgradering van die gholfklub aangewend word.
Daar word ook erkenning gegee aan die bydrae deur die huiseienaarsvereniging, asook die gesonde verhouding en deursigtige kommunikasie tussen die onderskeie partye.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'