MOSSELBAAI NUUS - Vyftien vroue van Mosselbaai het vir die South African Council of Business Women (SACBW) se nasionale kompetisie vir die Sakevrou van die Jaar ingeskryf.
Dié 15 verteenwoordig almal SACBW se Mosselbaai-tak.
Plaaslike beoordeling vind op 13 September plaas waarna 'n ambassadeur vir die Mosselbaai-tak op 20 September aangewys sal word om mee te ding teen die wenners van die ander SACBW-takke.
Die nasionale wenner word op 22 Oktober tydens 'n gala-geleentheid in Mosselbaai aangekondig.
Itha Brummer (BanOBrite).
Alta Blomerus (private beradings- praktyk).
Berenice Kogana Paulson (The Myrtle Tree NPO).
Agter: Marian Barnard (Oliver Bande), Lydia Roux (Nutri Fit Studio), Twenitha Fourie (Hartenbos Wassery), Elize Nel (Mosselbaai-munisipaliteit) Annette van Schalkwyk (Fabulocity Creations), Marlene Smuts (SACBW nasionale sakevrou van die jaar 2021), Dinette Wessels (D-Studio) Yolande Heyneke (De Bakke Karwas), Yolandi Taylor (Taylormade Real Estate). Voor: Riëtte Delport (Rut Art, Yellow Door Gallery), Taunia Fouche (Hyperbaric Centre), Stefanie Minnaar (Ouer-Tiener Harmonie).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'