MOSSELBAAI NUUS - Ivan October is die eerste plaaslike sakeman wat besluit het om die Speaker, raadsdame Venolea Fortuin en burgemeestersvrou, Riëtte Kotzé se inisiatief aangaande ‘n spoggeleentheid vir vroue te ondersteun.
Die geleentheid getiteld, I am Iconic, ‘n glansaand word slegs vir vroue aangebied en word ten bate van die Burgemeesterfonds aangebied.
Hierdie fonds word op sy beurt aangewend vir verdienstelike sake in die dorp.
“Dis vir my ‘n voorreg om iets vir vroue te doen en sodoende ook my bydrae te lewer vir ‘n goeie doel,” het October by ontvangs van sy tien kaartjies gesê. Die geleentheid vind op 25 Februarie in die Diaz Hotel plaas.
Kaartjies kos R500 (individueel) of ‘n tafel van 10 kan gekoop word. Vir meer inligting, kontak Ronell du Toit (rdutoit@mosselbay.gov.za).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'