MOSSELBAAI NUUS - ‘n Bekende sakeman (62) sal vandag in die Mosselbaai-landdroshof om borgtog aansoek gedoen ná hy verlede week in hegtenis geneem is op ‘n aanklag van seksuele aanranding.
Die verdagte is aangekla dat hy ná bewering 'n 46-jarige vroulike werknemer oor ‘n periode van etlike maande sedert 2022 tot onlangs seksueel geteister en seksueel aangerand het.
Hy is deur lede van die polisie se eenheid vir seksuele geweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding in die George-gevangenis.
Die staat het laat blyk dat borgtog nie teengestaan sal word nie omdat die verdagte nie ‘n vlugrisiko is en na bewering ook ‘n eerste oortreder is.
Die man se naam kan nie bekend gemaak word tot hy gepleit het nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’