Update
MOSSELBAAI NUUS - Neavan Misland (27), die verdagte in die moord van die 15-jarige Felicia Micheals, het vandag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Die saak is tot Donderdag, 17 April, uitgestel. Misland het voorheen sy borgaansoek laat vaar en bly in aanhouding.
Micheals, ook bekend as Blommie, was van Brandwag, 'n woongebied aan die buitewyke van Mosselbaai.
Sy was vir 'n week lank vermis, voordat haar liggam op Saterdag, 1 Februarie, in 'n vlak graf in 'n afgesonderde area buite Brandwag gevind is.
Sy was laas op Sondag, 26 Januarie in die woongebied lewend gesien.
Bloedspatsels is in Misland se woning op Brandwag deur ondersoekbeamptes gevind. Volgens inwoners van Brandwag was Micheals in 'n verhouding met Misland.
Volgens die polisie, was Blommie vermoedelik reeds dood toe haar moordenaar van haar liggaam ontslae geraak het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’