Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Vir die tweede agtereenvolgende jaar het die goeie samewerking en harde werk van S.M.A.R.T.-vrywilligers hul 'n eerste plek in die Dias- en Hawefees se vlottekompetisie verseker.
Vanjaar het die feesorganiseerders vir Bartolomeu Dias, vertolk deur die bekende gastehuiseienaar en koskenner Ian Perryman, op die vlot van Mosselbaai Toerisme vervoer tot by die feesterrein waar die wenners van die vlotte aangekondig is.
Benewens die wenvlot, het die vlotte van die NSRI in derde plek en die DBV in tweede plek die voortou gevat.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'