MOSSELBAAI NUUS - Die gebruik van perdepatrollies en die betrokkenheid van vrywilligers om vakansiegangers op die mees gewilde strande van Mosselbaai teen kriminele elemente te beskerm, word wyd verwelkom.
Saterdagaand, 21 Desember het die perderuiters hul in feesliggies uitgedos terwyl hulle die strande en die gewildste karavaanparke gepatrolleer het, tot groot vermaak van veral die jonger kampeerders.
Inwoners en vakansiegangers word herinner dat alkohol hoegenaamd nie op strande toegelaat word nie.
Foto: Cornelle Carstens
Foto: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'