MOSSELBAAI NUUS - Die Ruiterbos Interkerklike Organisasie het 'n kos- en klereuitdeling op Calitzdorp gehou.
Die groep het Sondag, 15 September, kos en klere aan die Calitzdorp-gemeenskap uitgedeel.
As 'n nie-winsgewende organisasie, beoog die organisasie om hulp te verleen aan gesinne en individue wat nie basiese benodigdhede kan bekostig nie.
Die groep, wat bestaan uit Mosselbaaiers, Dancel Josephs, Clive Malgas en Ollie Keyser, asook agt ander lede op die organisasie se bestuursraad, poog om gesondheidsorg, kos en klere aan gesinne en individue in nood te voorsien.
Elke derde Sondag van die maand bied die organisasie 'n gesamentlike opelugdiens in die Ruiterbos-gemeenskap aan.
"Ons doelwit is om elke drie maande na ander gemeenskappe uit te reik, maar soms is dit nie moontlik nie weens 'n gebrek aan skenkings," sê Josephs, Ruiterbos Interkerklik Organisasie, se sekretaris.
Josephs bedank ook diegene wat skenkings aan hul organisasie gemaak het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’