Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Landbouers van die Bredasdorp-omgewing het 12 vragmotors volgelaai met veevoer aan boere in die groter Mosselbaai geskenk.
Die voer, wat ook mielies en vee-lekke ingesluit het, is vandag, 4 Desember met groot ootmoed by Transand in ontvangs geneem.
"Weinig besef net hóe knellend die droogte is waaronder die landbou-gemeenskap gebuk gaan. Wat nodig is, is 100e mm reën sodat ook die ondergrondse waterbronne aangevul kan word."
Droogtehulp is ook aan landbouers in die Herbertsdale-omgewing afgegee. Die skenkings, ook die vervoer daarvan, is deur boere-verenigings in die Bredasdorp-omgewing bewillig.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'