MOSSELBAAI NUUS - Die Barbarians-rugbyklub het gisteraand, 11 September 'n beroep op die gemeenskap gedoen om saam te staan teen geweld teen vroue en kinders.
Die byeenkoms is gehou in die lig van die vlaag van geweld teen veral vroue wat tans in die nuus is.
Verskeie geestlike leiers het tydens die byeenkoms opgetree. "Ons kan nie net rugby speel, sonder om iets terug te gee vir die vroue wat ons elke Saterdag langs die veld ondersteun nie," het Dawid Kamfer, die klubvoorsitter gesê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'