Update
DANABAAI NUUS - Die vyf rowers wat vroeg Maandagoggend, 12 Januarie, op die Aston Energy-vulstasie in Danabaai toegesak het, het slegs met vier pakkies sigarette en ’n petroljoggie se selfoon en sy skootrekenaar weggekom.
Volgens die vulstasie se eienaar, Du Toit van Niekerk, beskou hulle die voorval steeds as baie ernstig.
“Beeldmateriaal word nagegaan, en ons is besig om met ons sekuriteitsmaatskappy te konsulteer.”
Die voorval het ongeveer 03:00 plaasgevind. Van Niekerk sê die verdagtes het ongeorganiseerd voorgekom.
Volgens die polisiewoordvoerder, AO Kappie Kapp, het die verdagtes na bewering ’n vuurwapen by hulle gehad.
Niemand is in die rooftog beseer nie.
Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte, AO Johan Lubbe, by 044 606 5623 skakel.
Vorige artikels:
Police on the hunt for five petrol station robbers
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’