Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Leerder van Hoërskool Punt, Nicci da Silva (18) wat op 4 Mei dood is toe sy met haar Suzuki GSX-R1100 teen haar broer se motorfiets op Louis Fourieweg vasgery het, se roudiens vind op Donderdag, 12 Mei plaas.
Da Silva se ma, Elzaan het bevestig Nicci se roudiens vind by die NG Moedergemeente (klipkerk) op die hoek van Kerkstraat en Blandstraat in Mosselbaai plaas.
Die diens begin om 14:30.
'n Voorlopige ondersoek deur die polisie op Mosselbaai dui daarop dat daar op die betrokke oggend digte mis was en dat Da Silva se broer vir 'n voertuig wat by die hofingang wou indraai gerem het, toe sy teen hom vasgery het. Hulle was op pad skool toe.
Da Silva is na 'n hospitaal op Mosselbaai geneem waar sy later dieselfde dag oorlede is.
Vorige Artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'