MOSSELBAAI NUUS - Die 2024 Perfect Delivery Interdistrikte B-rolbaltoernooi word tans op die bane van die George-, Outeniqua-, Hartenbos- en Mosselbaai-klubs beslis. Daar is altesame 20 distrikte uit al die provinsies met meer as 300 spelers, wat in aksie is.
Die toernooi het Maandag, 4 Maart, begin en eindig Vrydag, 8 Maart. Die eindstryd begin om 14:00 en word op die bane van die Outeniqua Rolbalklub gehou.
Gure weer Maandag en Dinsdag het nie die entoesiasme van die spelers gedemp nie. Vandag Woensdag, 6 Maart, speel die weer saam en is die eerste balle reeds vroeg gerol.
Die publiek is welkom om gratis te kom kyk. Outeniqua Rolbalklub op George is die gasheer klub vir die toernooi.
Burgemeester, Dirk Kotzé het Maandag, 4 Maart, in sy verwelkomingstoespraak by die Hartenbos Rolbalklub die meer as 20 spanne verwelkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’