Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Afriforum inisiatief om die fluitjiesriete in die drif by Volkswagen in Louis Fourieweg te sny as veevoer vir die Herberstdale se boere, word vandag, Donderdag 5 Desember, uitgevoer.
'n Kontrakteur wat die munisipaliteit gereeld gebruik om die riete te sny is tans besig waarna Cobra Transport die fluitjiesriet met 'n interlink vragmotor vanaf die brug tot Herbertsdale sal vervoer.
Hierdie rietvoer word gemeng en dan vir die beeste gevoer wat aansienlik vir die boere ‘n tydelike uitkoms sal gee.
Die vragmotor sal ongeveer 12:00 op die terrein wees. (Munisipale verkeer gaan help met die vragmotor op die perseel).
Kyk 'n video hieronder:
Fluitjiesriete word gesny as veevoer vir die Herberstdale boere.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'