Update
MOSSELBAAI NUUS - Nuuskierige voetgangers en ook motoriste het Saterdag, 11 Februarie die taak van Mosselbaai-nooddienste en verkeer bemoeilik omdat hulle die toegang na die brand tussen Hartenbos Heuwels en Sonskynvallei versper het en dit vir die noodvoertuie moeilik gemaak het om by die brand uit te kom.
Die gedeeltes aan die Noord-, Suid- en Oostekant is vinnig onder beheer gebring en al die toerusting is ingespan om die westelike flank onder beheer te bring.
Geen strukture of lewens was egter in gevaar nie en brandspanne was tot laat op die toneel om seker te maak dat die vuur nie weer opvlam.
Vorige artikel: Sonskynvallei fire under control
Rook van die veldbrand kon kilometers ver gesien word en 'n groot gedeelte fynbos is deur die brand verwoes. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai , Tuinroete nuus'