GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Anja Draai is die tweede beste presteerder by Groot-Brakrivier Sekondêre Skool vir 2025 se matriekgroep.
Sy het 'n gemiddeld van 74,7% behaal, asook twee onderskeidings.
Draai wil graag regte by die Universiteit van Stellenbosch studeer. "Daar is baie onregverdigheid in ons land se regstelsel, en ek wil deel wees van 'n verandering en om 'n verskil te maak."
Sy het aan Mossel Bay Advertiser gesê sy was geweldig op haar senuwees voor die matriekuitslae bekendgemaak is.
Kyk hiér hoe wag leerders en ouers op Groot-Brak se matriekuitslae: https://www.facebook.com/reel/898073499420398
"Ek het geweet ek sal goed doen, maar ek was nog steeds 'n bietjie bang."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’