Gallery Update Video
TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Die pas afgelope registrasienaweek vir die komende plaaslike verkiesing het redelik goed afgeloop, ten spyte daarvan dat baie inwoners verkies het om elektronies te registreer.
Heidelberg
Korrespondent Clive Pretorius berig dat die twee hoofstroom politiekepartye, die ANC en DA in dié dorp tevrede met die opkoms was.
Hoewel dit Saterdag redelik stil was, het dit Sondag veel beter gegaan met veral baie jeugdiges wat hulle gaan registreer het.
Die voornemende kiesers is Saterdag deur die kantoorpersoneel van George se binnelandse sake tot laatmiddag met hul aansoeke vir tydelike identiteitsdokumente voorsien.
Fotogalery: Registrasienaweek stil in Hessequa
Lede van die ANC en DA het buite die Duivenhoks-gemeenskapsaal hul lede en ondersteuners bygestaan om die registrasieproses te voltooi. Mcebisi Skwatsha, nasionale adjunk-minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het ook 'n draai by die ANC se inligtingstafel gemaak om 'n ogie oor die registrasieproses te hou.
Kyk 'n video hieronder:
Riversdal
Volgens korrespondent Henry Snyman was die opkoms Saterdag redelik traag, maar verteenwoordigers van die onderskeie partye genoem dat hulle optimisties is dat dit beter sal gaan soos die naweek vorder. Hulle het bygevoeg dat die feit dat mense aanlyn kon registreer, beslis 'n invloed het.
Stilbaai
Ook op dié dorp was verskeie plekke waar inwoners kon registreer om te stem. Volgens korrespondent Johan Victor het van die voornemende kiesers genoem dat die stelsel baie stadig was.
Van hulle het besluit om eers huiswaarts te keer en later terugkom, hopende dat sake sou verbeter.
Vorige artikel: Suid-Kaap Forum: Registrasienaweek verloop stil
Mosselbaai
Van vroeg Saterdagoggend het politieke partye hul registrasiepunte begin beman vir die laaste twee dae wat die gemeenskap kon registreer vir die komende plaaslike verkiesing. Registrasie was hoofsaaklik baie stadig as gevolg van die aanlynregistrasies, maar sommige registrasiepunte het redelik baie nuwe registrasies gehanteer.
Fotogalery: Registrasie vir plaaslike verkiesing
Sondag laatmiddag egter was baie stiller in die meeste wyke. In sommige gevalle was daar vir 'n tyd probleme met die registrasie toerusting, maar is later op die stelsel gelaai.
Vorige artikel: Mosselbaai: Laaste kans om te registreer
Maruis Ferndale en Sonia Meyers het voornemende kiesers by die DA se tafel by Riverville-stadion bygestaan. Foto's: Henry Snyman
Adrian Visser, Hennie Booysen (Wyk 4), Beatrice Engelbrecht en Willie Liebenberg (Wyk 5) het die Volks Front Plus se tafel by Laerskool Vorentoe se sportvelde op Groot-Brakrivier beman. Foto: Jannie du Plessis
Siobham Quincam (VF Plus) by die Reebok-gemeenskapsaal. Foto: Jannie du Plessis
Juanita Smit en Karry Mitchell is by die ACDP Wyk 4 se tafel by Klein-Brakrivier-gemeenskapsaal. Foto: Jannie du Plessis
Van links: DA Wyk 4 - Margarite Neilson, Annatjie Janse van Rensburg, Sonja Pelser en Gaynor Botha by Laerskool Vorentoe se sportvelde op Groot-Brakrivier. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'