MOSSELBAAI NUUS - Die Reebok-gemeente nooi alle belangstellendes uit na hulle jaarlikse kermis-basaar op Saterdag, 26 Maart.
Die kermis begin om 10:00 en vind rondom die Reebok-kerkgebou in Impalaweg plaas. Impalaweg gaan vir hierdie geleentheid tydelik gesluit word, sodat daar voldoende plek vir verskillende stalletjies en ook kuierplek sal wees.
Die tafels gaan kreun onder brood en beskuit, kleinkoekies, koeke en terte, jaffels, potjiekos, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, vleis, groente en vrugte, boeke en cd’s en vele meer.
Vir die jongspan sal daar ook ‘n kindertafel, tombola, speletjies en springkasteel wees. By die witolifanttafel sal daar ook allerlei interessanthede te koop wees.
"Kom geniet die dag saam met ons," nooi ds Gerhard van Dyk.
Hy kan ook vir enige navrae (082 375 2944) gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'