MOSSELBAAI NUUS - Redenaars van die Hoërskool Punt het groot sukses behaal in 'n nasionale kompetisie. Spanne in graad agt, nege en elf het almal hul onderskeie afdelings gewen.
Die Radikale Redenaars-kompetisie is vanjaar goed verteenwoordig deur talle skole, wat deelgeneem het.
Geskep deur Chantelle de Wet, 'n gepubliseerde skrywer en bekende naam in die openbare rede, het dié kompetisie vir die eerste keer in 2007 sy beslag gekry.
Die spanne het bestaan uit die volgende leerders:
- Graad 8: Cara Bosman, Livia Gericke, Carli-Louise Weston, Monique Bonner.
- Graad 9: Carel Strydom, Mienke Vorster, Jana Pretorius, Lee-Anne Pretorius.
- Graad 11: Fanie Keyser, Reece Meyer, Liané Pretorius, Dané Lubbe.
Livia Gericke en Fanie Keyser het ook tweede plekke behaal - Livia vir English Reading en Fanie vir Afrikaans Moedertaal Eksperimentele redenaars.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’