MOSSELBAAI NUUS - Met die vakansieseisoen wat amper in volle swang is en die Blouvlagseisoen wat op 1 Desember begin het, is lewensredders ontplooi op 23 strande in die Mosselbaai-gebied.
Mosselbaai het 26 strande in sy munisipale area. Lewensredders is in diens vanaf 09:00 tot 18:00 daagliks gedurende die ontplooiing.
Strandgangers word versoek om dit te vermy om te swem wanneer lewensredders nie in diens is nie. Swem wanneer lewensredders nie in diens is nie, is op eie risiko.
Lewensredders is vanaf 1 Desember ontplooi tot 31 Januarie by die Blouvlagstrande, wat die volgende insluit: Klein-Brakrivier (mond), Santos, De Bakke, Hartenbos en Glentana.
Lewensredders is vanaf 1 Desember tot 13 Januarie ontplooi by ander swemstrande binne die munisipale area vanaf Vleesbaai tot Glentana.
Strandgangers word dringend versoek om aandag te skenk aan instruksies van die lewensredders in diens rakende seetoestande en algemene openbare veiligheid op strande.
In geval van enige noodgevalle rakende waterveiligheid, kontak die NSRI-stasie 15, Mosselbaai (082 990 5954).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’