MOSSELBAAI NUUS - Hoewel die Red Devil-lokomotief self te groot is vir die fasiliteite van die Voorbaai-depot, werk die retsourasiespan onder leiding van die legendariese Bobby Rudman nou aan die kolebak van hierdie ou reus.
Soos die talle ander stoomlokomotiewe in die stal van die Ceres Railway Company, word die Red Devil-lokomotief deeglik in stand gehou deur die span tegnici op Mosselbaai.
"Die herstelwerk sal deur die ketelmaker en sy span reggemaak word. Die bak, wat sowat 50 000 liter water en 20 ton kole kan hanteer, sal oor sowat twee maande deur die span onder hande geneem word om die roes en ander skade te herstel."
Die Red Devil-lokomotief is 'n Klas 26 nommer 3450, en is die produk van die meganiese ingenieur David Wardale wat dit in 1981 herbou het van 'n Klas 25NC 4-8-4 stoomlokomotief.
Die omskakeling is in 1953 afgehandel by die Soutrivier Werke in Kaapstad, gebaseer op die aanbevelings van die Argentynse meganiese ingenieur LD Porta, met wie Wardale tydens die veranderinge in verbinding was.
Bobby Rudman by die kolebak van die Red Devil-lokomotief wat tans in Voorbaai gediens word. Foto: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'