MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit bied op 11 en 12 Maart weer 'n geleentheid vir die publiek om gevaarlike huishoudelike afval in te handig.
Op Woensdag, 11 Maart is daar 'n opedag vir die verwydering van gevaarlike huishoudelike afval by die stadsaal in Mosselbaai en op 12 Maart 'n soortgelyke dag by die munispale kantore op Groot-Brakrivier.
Beide opedae is vanaf 08:30 tot 14:30. Indien jy enige van die volgende gevaarlike huishoudelike afval items by die huis het en nie weet hoe om wettig daarvan ontslae te raak nie is hierdie die ideale geleentheid.
Hierdie items sluit in motorolie, oliefilters, remvloeistof, gebruikte vriesteenmiddel, verf, verfverdunner, terpentyn, plaagdoders of onkruiddoders, huishoudelike batterye, ou TV-stelle, verskeidenheid elektroniese toestelle, motorbande, fluoorbuise en gloeilampe asook huishoudelike mediese afval (naalde en ou medisyne en tablette).
Items wat nie aanvaar word nie, sluit in plofstowwe, ammunisie, radioaktiewe materiale, wetlikbeheerde medisyne.
Plaas die items waarvan jy ontslae wil raak in 'n sterk kartondoos, verkieslik die oorspronklike verpakking en merk die kartondoos.
Moenie gevaarlike items meng nie.
As gevolg van permitvereistes en die hoeveelheid persone wat aan die program deelneem moet die houer saam met die gevaarlike afval ingehandig word.
Hierdie is 'n geleentheid om gratis ontslae te raak van hierdie items by 'n gerieflike en nabygeleë plek.
Vir enige navrae kontak Sivuyile Mtila (044 606 5143).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'