MOSSELBAAI NUUS - Raadslid Niklaas Booisen het op Mandeladag die lewenskwaliteit van 'n jong man van Franslaan wat in 'n rolstoel gekluister is, verbeter.
Raadslid Booisen het onderneem om 'n loopvlak geskik vir rolstoel toegang by Cheslin September se huis te bou. Hierbenewens, is die gemeenskap van die omgewing ook getrakteer met sop en broodjies.
Ander projekte wat raadslid Booisen op die dag by betrokke was is die uitdeel van geskenkpakkies by 'n plaaslike kleuterskool, asook 'n skoonmaakprojek langs die N2.
Raadslid Rosina Ruiters was ook bedrywig op Mandeladag deur deel te neem aan die bekende Sandwich Jam waartydens 10 000 toebroodjies gemaak word. Sy het ook uitgereik na 'n kleuterskool waar warm kombersies uitgedeel is.
Raadslid Rosina Ruiters by die kleuters aan wie sy pakkies uitgedeel het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'