MOSSELBAAI NUUS - Die Coreen Fourie Eco Avontuur is 'n pretstap van 6km op die gewilde St Blaize-staproete wat jaarliks in Mosselbaai plaasvind op 26 Desember.
Die pretstap het 22 jaar gelede sy beslag gevind vanweë 'n behoefte onder die gemeenskap om diegene wat onbaatsugtig hulle tyd vir die opbou van Mosselbaai en sy mense opoffer, vereer moet word.
Die mees onlangse Coreen Fourie Eco Avontuur is aan Floris Mocke opgedra.
"Soveel as 139 stappers het die dag op die asemrowende kranse van die staproete kom geniet. Dankie aan elke deelnemer," sê die organiseerders.
Alle geld wat ingesamel is tydens die pretstap word geskenk aan Burre Burger se bekende droogtehulpfonds. 'n Bedrag van R4 910 is ingesamel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'