Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Tydens ‘n spoggeleentheid in die Mosselbaai-stadsaal gisteraand, is Hoërskool Punt se 2018 Starganza-wenners aangewys.
Hierdie geleentheid vind al die afgelope twaalf jaar plaas waartydens leerders kan meeding om die gesogte titels van Mnr en Mej Starganza.
Vanjaar se wenners is Lwozi Mpato en Chanelle Robertson.
Die twintig finaliste moes nie net mooi lyk en glimlag nie, maar ook hul vernuf wys deur volgens die aand se tema “A night under the stars”, tonele uit bekende rolprente op te voer.
Daar was karakters soos Beauty and the Beast en tonele uit Dirty Dancing.
Kyk 'n video hieronder.
Beauty and the Beast
Een van die hoogtepunte was die optrede van Brendan Peyper wat beslis die meisies se gunsteling is.
Dit was ‘n suksesvolle aand met pragtige, talentvolle jongmense waarop Mosselbaai beslis trots kan wees.
ARTIKEL VIDEO & FOTO'S: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'