MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt in Mosselbaai se 2017-matrikulante het 'n 100% slaagsyfer behaal.
Punt is ook die enigste skool in die groter Mosselbaai area wat die prestasie kon behaal.
Die top presteerder is Megan Botha met n gemiddeld van 93.1% en 8 onderskeidings.
Loumari Muller het 91,7% behaal en in 9 vakke onderskeidings. Anke Badenhorst het kort op hul hakke gevolg net 91.3% en ook 8 onderskeidings.
In totaal was daar 245 onderskeidings en ‘n algehele vrystelling persentasie van 79,4% is behaal.
Waarnemende hoof Ferdie Pieterse het die groep gelukgewens met die prestasies wat behaal is en die groep alle voorspoed toegewens met hul verder studies.
Die matrieks kry hul uitslae.
Hoërskool Punt in Mosselbaai se 2017-matrikulante het 'n 100% slaagsyfer behaal.
Cohan Prins saam met sy trotse ouers nadat hy sy matriekuitslae ontvang het. Foto's: Tersia Marais.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'