MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt het 'n slaagsyfer van 99%. Altesaam 202 matriekulante het die 2022 eindeksamens afgelê.
85.1% van die matrieks slaag met vrystelling.
Die skool het altesaam 226 A' s ingepalm. Sewentien leerders het geslaag met 'n A-gemiddeld.
Punt se top presteerder is Edrei Gerber met agt onderskeidings en 'n gemiddeld van 90.4%
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'